Spring na inhoud

12 DESEMBER 2019
OEKRAÏNE

Hooggeregshof in Oekraïne verdedig die reg om Koninkryksaal te gebruik

Hooggeregshof in Oekraïne verdedig die reg om Koninkryksaal te gebruik

Ná ’n vier jaar lange regstryd word Jehovah se Getuies in die dorpie Tetiif, Oekraïne, toegelaat om hulle Koninkryksaal vir aanbidding te gebruik. Al het ons broers hulle Koninkryksaal in Desember 2014 klaar gebou, het die Staat Argitek Bouraad herhaaldelik ons broers gekeer om dit te gebruik. Hulle het ses keer geweier om wetlike toestemming te gee dat die Getuies die gebou kan gebruik. Hulle het die gemeente met hoë boetes gestraf, en hulle het selfs die boupermit gekanselleer, al is die konstruksie alreeds voltooi.

Op 10 Oktober 2018 het die Hooggeregshof van Oekraïne beslis dat ons broers gehoorsaam was aan die bouwette. Hulle het ook gesê dat die reg om ’n huis van aanbidding te bou, beskerm word deur die Europese Konvensie oor Menseregte. Op 28 Maart 2019 het die nuwe departementshoof van die Staat Argitek Bouraad die nodige permit vir ons broers gegee om die gebou te gebruik. Die gemeente het later daardie maand hulle eerste vergadering in die saal gehou.

Op 2 November 2019 het die broers die plaaslike mense genooi om die Koninkryksaal te besoek. Dorp- en streeksamptenare sowel as die mense daar rondom het die Koninkryksaal kom besoek. Anatoli Fedorowitj Zawalnioek, die hoofargitek van die Distrik-administrasie van die Tetiif-staat, het gesê: “Julle was gehoorsaam aan al die wette en vereistes van die staat, en julle het ook die planne gevolg wat die administrasie goedgekeur het. Hierdie huis van aanbidding maak hierdie straat en hierdie deel van die dorp mooi. Ek sê dankie vir julle werk.”

Hierdie regsoorwinning gee ons rede om saam met ons broers in Tetiif bly te wees. Ons is so bly dat hulle nou hulle Koninkryksaal kan gebruik om Jehovah te prys en te loof. – Psalm 69:30.