Spring na inhoud

Byeenkomssaal in Tiatsjif, Oekraïne, wat voorberei is om vlugtelinge te ontvang

8 MAART 2022
OEKRAÏNE

JONGSTE NUUS #1 | Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

JONGSTE NUUS #1 | Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

Ons broers en susters in die stede Marjoepol, Charkif, Hostomel en ander kry baie swaar as gevolg van die bomaanvalle in Oekraïne. Party kon vir byna ’n week nie hulle kelderverdiepings of skuilings verlaat nie. Kosvoorraad raak min en onderbrekings in kragtoevoer en die internet en selfoonnetwerke maak dit moeilik om met die broers en susters te kommunikeer.

Broer Dmitro Rozdorski, ’n 28-jarige ouerman in Mirnohrad, het ongelukkig aan sy beserings gesterf nadat hy op ’n myn getrap het. Ons bid vir dié wat geliefdes verloor het en vir ons broers en susters in gebiede waar daar hewige bomaanvalle is. – 2 Tessalonisense 3:1.

’n Koninkryksaal in die dorp Owroetsj, Oekraïne, is erg deur bomme beskadig

Tot en met 7 Maart 2022 is die volgende getalle uit Oekraïne ontvang:

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 2 verkondigers het gesterf

  • 8 verkondigers is beseer

  • 20 617 verkondigers het hulle huise verlaat om na veiliger gebiede in die land te vlug

  • 25 huise is heeltemal vernietig

  • 29 huise is erg beskadig

  • 173 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 5 Koninkryksale is beskadig

Noodlenigingspogings

  • 27 Noodlenigingskomitees (DRC’s) werk in Oekraïne

  • 6 548 verkondigers is direk deur die DRC’s gehelp om veiliger blyplek te kry

  • 7 008 verkondigers het na ander lande gevlug en word deur ons broers en susters gehelp

  • 1 Byeenkomssaal en omtrent 30 Koninkryksale in westelike Oekraïne, soos in die Tsjerneftsi-, Iwano-Frankifsk-, Lviv- en Transkarpate-streke, is voorberei om vlugtelinge te ontvang