Spring na inhoud

Ons mede-aanbidders in Charkif, Oekraïne, soek skuiling gedurende die bomaanvalle

3 MAART 2022
OEKRAÏNE

Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

Ons broers en susters hou aan om liefde te wys gedurende die krisis in Oekraïne

Op 24 Februarie 2022 het Rusland Oekraïne binnegeval. Daar is meer as 129 000 Getuies van Jehovah en hulle kinders wat in Oekraïne woon. Die takkantoor het gereël dat daar 27 noodlenigingskomitees (DRC’s) gevorm moet word om ons broers en susters te help. En die broers en susters wys ook hulle Christelike liefde deur alles te doen wat hulle kan om mekaar en hulle bure op praktiese en emosionele maniere te ondersteun gedurende hierdie moeilike tyd.

Hoewel die meeste van die broers en susters in die land gebly het, het party die persoonlike besluit gemaak om te vlug. Dié wat gevlug het, moes in lang rye wag, waarvan party so lank as 30 kilometer was, en hulle het drie tot vier dae gewag om deur die grenspos te kom. Plaaslike verkondigers het na hulle mede-aanbidders gesoek wat in die rye gewag het en vir hulle kos en water en ander praktiese hulp gegee. Toe die broers en susters uiteindelik oor die grens gekom het en die aangrensende lande binnegegaan het, is hulle gegroet deur ander Getuies met jw.org-tekens, wat reg was om hulle te vertroos en op praktiese maniere te help.

Ons susters in Pole (links) en Slowakye (regs) wag om mede-aanbidders te help wat uit Oekraïne vlug

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Broer Petro Mozoel, ’n dowe bedieningskneg in Charkif, het gedurende die bomaanvalle gesterf

    Ongelukkig het 1 dowe broer van Charkif op 1 Maart 2022 gesterf en is sy vrou ernstig beseer gedurende die bomaanvalle

  • Nog 3 ander susters is beseer

  • Meer as 5 000 verkondigers het uit hulle huise gevlug

  • 2 huise is heeltemal vernietig

  • 3 huise is erg beskadig

  • 35 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 Koninkryksale is beskadig

  • Baie verkondigers was by tye sonder elektrisiteit, verhitting, telefoondienste en water

Noodlenigingspogings

  • 27 DRC’s is in Oekraïne aangestel

  • 867 verkondigers is deur die DRC’s gehelp om blyplek in veiliger gebiede te vind

  • Die DRC’s werk hard om die nodige dinge, soos kos en water, te voorsien

Die getalle hierbo is gebaseer op die eerste berigte.

Ons bid dat ons broers en susters sal aanhou om die wysheid en begrip te hê om die onsekerheid en stres van hierdie omstandighede te verduur terwyl hulle broederliefde aan mekaar betoon. – Spreuke 9:10; 1 Tessalonisense 4:9.