Spring na inhoud

Vervolging van ons broers in sekere gebiede van die Donetsk- en Loehansk-streek, in Oos-Oekraïne, het baie erger geword. ’n Koninkryksaal in die gebied van Loehansk is op 30 Mei 2018 rot en kaal besteel, doelbewus beskadig en gebrand.

15 OKTOBER 2018
OEKRAÏNE

“Donetsk se Volksrepubliek” verban Jehovah se Getuies

“Donetsk se Volksrepubliek” verban Jehovah se Getuies

Op 26 September 2018 het die Hooggeregshof van “Donetsk se Volksrepubliek” (DPR) beslis dat die godsdiensvereniging van Jehovah se Getuies “ekstremisties” is, en gevolglik is ons bedrywighede verban. Nie die hoofaanklaer, wat die aanklag teen ons regsentiteit ingedien het, of die Hof het Jehovah se Getuies enigiets gedurende die verhoor gevra nie. Die godsdiensvervolging van Jehovah se Getuies word al hoe erger in hierdie streek, en hierdie beslissing is die jongste daad van vervolging.

Die situasie van ons broers in sekere gebiede van die Donetsk- en Loehansk-streek, in Oos-Oekraïne, het erger geword vandat die DPR se Hooggeregshof in die middel van 2017 party van ons publikasies as “ekstremisties” verklaar het. Gedurende daardie jaar het die polisie meer as 170 Getuies ondervra. Die owerheid in die streek het ook Koninkryksale op ’n stelselmatige manier begin wegneem. Tot en met 29 Augustus 2018 is altesaam 16 Koninkryksale weggeneem.

Hoewel ons broers en susters se aanbidding aangeval word in hierdie gebiede, hou hulle aan om op die ‘God van redding’ te vertrou. — Psalm 18:46.