Spring na inhoud

OEKRAÏNE

Oorsig van Oekraïne

Oorsig van Oekraïne

Jehovah se Getuies is al meer as ’n eeu in Oekraïne. Hulle is op 28 Februarie 1991 wetlik geregistreer, kort voordat Oekraïne onafhanklik geword het.

Die Nazi- en die Sowjet-regeringstelsel het Jehovah se Getuies in Oekraïne hewig onderdruk. Op 8 April 1951 het die Sowjet-owerheid meer as 6 100 Getuies uit Wes-Oekraïne na Siberië verban. Die situasie het in Junie 1965 effens verbeter nadat die Hooggeregshof van Oekraïne beslis het dat die lektuur van Jehovah se Getuies godsdienstig is en nie anti-Sowjet nie. Die owerheid het mense nie meer in hegtenis geneem omdat hulle die Getuies se lektuur lees nie, maar het voortgegaan om Getuies in die tronk te gooi omdat hulle met ander oor hulle oortuigings praat. In September 1965 het die regering amnestie verleen aan alle Getuies wat in 1951 na Siberië verban is, maar die meeste van hulle is nie toegelaat om na hulle vroeëre blyplekke terug te gaan nie. Hewige vervolging het tot in die vroeë 1980’s voortgeduur.

Vandag geniet Jehovah se Getuies die vryheid om vir aanbidding te vergader en om hulle openbare bediening uit te voer sonder inmenging deur die owerheid. Maar Getuies was al dikwels die slagoffers van haatmisdade. Die owerheid het min gedoen om die Getuies te beskerm teen aanvalle op hulle en hulle huise van aanbidding, en in die meeste gevalle het hulle nie die oortreders vervolg nie. Omdat die owerheid nie opgetree het nie, het die oortreders ongestraf gebly, en dít, tesame met die onrus in die oostelike deel van die land, het tot meer aanvalle teen die Getuies gelei.