Spring na inhoud

21 NOVEMBER 2014
OEKRAÏNE

Jongste nuus: Jehovah se Getuies organiseer noodleniging vir duisende vlugtelinge in die Oekraïne

Jongste nuus: Jehovah se Getuies organiseer noodleniging vir duisende vlugtelinge in die Oekraïne

LVIV, Oekraïne—Jehovah se Getuies gaan voort om hulp te verleen aan medeaanbidders wat gevlug het weens die oorlog wat in die ooste van die Oekraïne woed.

Sewe noodlenigingskomitees wat deur die takkantoor van Jehovah se Getuies in Lviv georganiseer is, sien om na byna 4 000 van die ongeveer 7 500 Getuies wat uit die oorlogsone gevlug het. Die res van die slagoffers word deur familie en medeaanbidders in die Oekraïne en Rusland gehuisves. Nog ses noodlenigingskomitees sien om na die meer as 17 500 Getuies wat nog steeds in die oorlogsone woon.

Bomme het etlike huise van die Getuies vernietig, insluitende hierdie huis in die dorpie Semenifka, in die Donetskstreek.

Die takkantoor in Lviv het bevestig dat altesaam ses Getuies hulle lewens sedert die begin van die oorlog verloor het. Een Getuie in Kramatorsk het op 17 Junie 2014 gesterf toe ’n bom langs die motor ontplof het waarin hy was. Bomme het ook die lewens geëis van nog vyf Getuies wat in die stede Donetsk, Slowiansk, Rozkisjne en Loehansk gewoon het.

As deel van die noodleniging koördineer die takkantoor ook die herbouing van etlike plekke van aanbidding en huise van die Getuies.

Getuies herstel die dak van ’n beskadigde huis in die stad Slowiansk.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Oekraïne: Wasil Kobel, tel. +38 032 240 9323

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000