Spring na inhoud

13 FEBRUARIE 2015
OEKRAÏNE

Inbeslagneming van Koninkryksale van Jehovah se Getuies in die Donetsk-streek en Loehansk-streek van die Oekraïne

Inbeslagneming van Koninkryksale van Jehovah se Getuies in die Donetsk-streek en Loehansk-streek van die Oekraïne

Donetsk-streek

HORLIFKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Aan die einde van Junie 2014 het gewapende mans by die Koninkryksaal ingebreek, elektroniese toerusting gesteel en nuwe slotte geïnstalleer. Hulle gebruik dit as hulle barak.

Die dorp Horlifka Akademika Koroliowastraat 75

HORLIFKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 5 Julie 2014 het gewapende mans die Koninkryksaal in beslag geneem. Hulle het dit as hulle barak gebruik en as ’n stoorplek vir ammunisie, maar het dit in September 2014 verlaat. Die Getuies het die Koninkryksaal weer vir hulle godsdiensvergaderinge begin gebruik.

  • Op 12 Oktober 2014 het gewapende mans ’n godsdiensvergadering by die Koninkryksaal onderbreek en almal teenwoordig beveel om hulle godsdiensbedrywighede te staak. Hulle het gesê dat die Ortodokse godsdiens die enigste godsdiens is wat in die streek toegelaat word en dat hulle gou “ontslae sal raak van al Jehovah se Getuies”. Die mans gebruik die Koninkryksaal as hulle barak.

Die stad Donetsk Karamzinastraat 10

DONETSK—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 13 Augustus 2014 het gewapende mans by die Koninkryksaal ingebreek en dit as hulle barak begin gebruik.

  • Op 19 Augustus 2014 het die mans die klanktoerusting gesteel en die gebou verlaat. Die Getuies het die Koninkryksaal weer vir hulle godsdiensvergaderinge begin gebruik.

  • Op 18 Oktober 2014, ná ’n godsdiensvergadering, het verteenwoordigers van die Vierde Oplot-bataljon na die Koninkryksaal gegaan en vir die Getuies wat daar was, gesê dat hulle dit in beslag neem.

  • Op 18 November 2014 het gewapende mans beveel dat die Getuies dokumente teken om die eienaarskap van die Koninkryksaal oor te dra aan die Kantoor van die Kommandant van die Petrofski- en Kirofski-streek. Die mans gebruik die gebou as hulle barak.

Die dorp Horlifka Hertsenastraat 4

HORLIFKA—Koninkryksaal deur burgers in beslag geneem.

  • Op 30 September 2014 het ’n plaaslike TV-stasie ’n onderhoud gevoer met die “nuwe eienaar” van hierdie Koninkryksaal. Hy het gesê dat dit van Jehovah se Getuies geneem is om as ’n boksskool gebruik te word. Sedert 2013 was die Koninkryksaal herhaaldelik die teiken van vandaliste en brandstigters. Die laaste keer dat iemand probeer het om die saal aan die brand te steek, was op 5 Junie 2014.

DONETSK—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 26 Oktober 2014 het gewapende mans van die Sjachtar-bataljon van Donetsk se Volksrepubliek (DPR) by die Koninkryksaal ingebreek, en hulle gebruik dit nou as hulle barak.

Die dorp Zjdanifka Komsomolskastraat 14

ZJDANIFKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 27 Oktober 2014 het mans van Horlifka se gewapende groep op grond van ’n kommandant se opdrag die Koninkryksaal in beslag geneem. Die Horlifka-onderkommandant het gesê dat die Ortodokse godsdiens die enigste godsdiens is wat in die streek toegelaat word en dat alle ander godsdienste verbode is.

  • Op 21 November 2014 het die afdelingskommandant van ’n ander gewapende groep vir Jehovah se Getuies gesê dat sy ondergeskiktes beheer oor die Koninkryksaal sou oorneem.

Die dorpie Telmanowe Perwomaiskastraat 112

TELMANOWE—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 4 November 2014 het gewapende mans by die gebou ingebreek en gewapende wagte beveel om dit te bewaak.

  • Op 11 Desember 2014 het die mans ammunisie in die gebou ingebring, en nou gebruik hulle dit as hulle barak.

Die dorp Makiifka Petsjerskastraat 17

MAKIIFKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem, maar later verlaat.

  • Op 5 November 2014 het gewapende mans van die Rus-bataljon by die Koninkryksaal ingebreek. Hulle het die Getuies beveel om die saal se sleutels vir hulle te gee en om nooit terug te keer nie. Die volgende dag het die onderkommandant die Koninkryksaal se teken verwyder en dit vervang met die bataljon se vlag.

  • Op 26 November 2014 het die bataljon die gebou verlaat.

HORLIFKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem, maar later verlaat.

  • Op 29 November 2014 het gewapende mans in die Koninkryksaal ingekom en vir die Getuies wat daar was, gesê dat hulle dit in beslag neem. Een van die mans het gesê dat die DPR-regering slegs die Ortodokse godsdiens in die streek sou toelaat. Die mans het gewapende wagte beveel om die gebou te bewaak en die Getuies verbied om terug te keer. Die volgende dag het die mans die gebou verlaat.

Die dorp Zoehres Tsjerniachofskohostraat 1

ZOEHRES—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 20 Desember 2014 het die dorp se kommandant aangekondig dat hy die gebou in beslag gaan neem. Hy het Jehovah se Getuies beveel om hom die sleutels van die saal te gee en om nooit terug te keer nie.

DONETSK—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 1 Februarie 2015 het gewapende mans in die Koninkryksaal ingekom. Hulle het beveel dat die Getuies vir hulle die sleutels van die Koninkryksaal gee en dokumente teken wat die eienaarskap van die Koninkryksaal aan die rebellemagte oordra, wat dit sou gebruik totdat die oorlog verby is.

JENAKIEWE—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 3 Maart 2015 het gewapende mans beveel dat Jehovah se Getuies die sleutels van die Koninkryksaal oorhandig sodat dit as ’n barak gebruik kan word.

Loehansk-streek

Die dorp Antratsit Komoenarskastraat 4

ANTRATSIT—Koninkryksaal deur burgers in beslag geneem.

  • In September 2014 het onbekende individue twee keer by die Koninkryksaal ingebreek. Hulle het elektroniese toerusting gesteel en op die muur geskryf: “Ortodokse Kosakke!”

  • Op 25 September 2014 het ’n plaaslike TV-kanaal berig dat die Koninkryksale van Jehovah se Getuies in beslag geneem is om vir ander doeleindes gebruik te word, soos vir kleuterskole.

Die dorp Rowenki Dzerzjinskohostraat 84-A

ROWENKI—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 23 September 2014 het gewapende mans van die Sint George-bataljon by die Koninkryksaal ingebreek en die Getuies verbied om terug te keer. Die gewapende mans gebruik dit as hulle barak.

PEREWALSK—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 5 November 2014 het gewapende mans onder aanvoering van die Onderhoof van die Militêre Kommandant se Kantoor in die gebou ingekom en vir die Getuies wat daar was, gesê dat hulle dit in beslag neem om dit as ’n eetsaal te gebruik. Die onderhoof het gesê: “Daar is geen hoop vir Jehovah se Getuies nie.” Hy het toe vir die Getuies gesê dat hulle nie meer aan hulle godsdiensbedrywighede sal kan deelneem nie.

Die dorp Krasni Loetsj Radianskastraat 37

KRASNI LOETSJ—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 5 Desember 2014 het gewapende mans by die Koninkryksaal ingebreek. Die gebou is deur gewapende mans bewaak, en militêre voertuie is op die werf geparkeer.

BRIANKA—Koninkryksaal deur rebellemagte in beslag geneem.

  • Op 26 Maart 2015 het gewapende mans by hierdie Koninkryksaal ingebreek. Hulle het al die meubels in die gebou geneem en die Koninkryksaal se teken vervang met ’n teken wat sê: “Die Almagtige Don Host.”