Spring na inhoud

25 JULIE 2017
OEKRAÏNE

Takkantoor van Jehovah se Getuies in die Oekraïne se ope dag word deur amptenare bygewoon

Takkantoor van Jehovah se Getuies in die Oekraïne se ope dag word deur amptenare bygewoon

LVIV, Oekraïne—Op 2 Mei 2017 het die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Oekraïne ’n spesiale ope dag vir die publiek gehou. Plaaslike en staatsamptenare, geleerdes, sakemanne en mense in die omgewing van die stad Lviv het die geleentheid gehad om te sien hoe dinge by die takkantoor werk.

Die ope dag sluit ’n uitstalling vir kinders in.

Die takkantoor het spesiale uitstallings vir die ope dag gemaak, insluitende uitstallings en ’n video oor hoe dinge by die takkantoor werk, ’n geskiedkundige museum en ’n plek wat vir kinders ontwerp is. Iwan Riher, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in die Oekraïne, sê: “Dit is die eerste keer sedert 2001 dat ons takkantoor ’n ope dag hou. Hier in die Oekraïne is ons bekend vir ons huis-tot-huis Bybelonderrigtingswerk, en ons was opgewonde om ons bure te nooi om te sien hoe dinge by die takkantoor werk en hoe dit tot die gemeenskap bydra.”

In die geskiedkundige museum het mense meer uitgevind oor die lang geskiedenis van Jehovah se Getuies in die Oekraïne.

Andri Joerasj, die direkteur van die Departement van Godsdienssake en Nasionaliteite.

Andri Joerasj, die direkteur van die Departement van Godsdienssake en Nasionaliteite, ’n afdeling van die Departement van Kultuur van die Oekraïne, het gesê wat hy van die takkantoor dink: “Die godsdiensorganisasie van Jehovah se Getuies is ’n goeie voorbeeld van eenheid. Hulle bevorder eenheid in die gemeenskap asook onder sy lede en ander mense.”

Die afgelope jaar het die Getuies ’n ope dag gehou by hulle takkantoor in Kameroen, sowel as by hulle wêreldhoofkwartier in Warwick, New York.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Oekraïne: Ivan Riher, +38-032-240-9323