Spring na inhoud

18 JULIE 2014
OEKRAÏNE

Verslag oor die Getuies in die Oekraïne en die Krim

Verslag oor die Getuies in die Oekraïne en die Krim

LVIV, die Oekraïne—Die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Oekraïne berig dat een Getuie in die stad Kramatorsk in die Oos-Oekraïne het op 17 Junie 2014 gesterf het toe ’n bom langs sy motor ontplof het. Geen ander Getuies is dood of ernstig beseer as gevolg van die burgerlike onrus in die land wat ’n paar maande gelede ontstaan het nie. Maar honderde Getuies is uit die onrusgeteisterde gebiede in die Oos-Oekraïne na veiligheid gebring. Hulle word deur medeaanbidders gehuisves.

Ondanks die voortslepende geweld gaan die Getuies in die Oekraïne voort om die Bybel se vertroostende boodskap aan hulle bure bekend te maak. Gedurende die eerste helfte van Junie 2014 het die Getuies etlike groot, vreedsame byeenkomste in die Oos-Oekraïne gehou, wat Bybeltoesprake en demonstrasies ingesluit het oor hoe om die Bybel se raad in alledaagse situasies toe te pas. Meer as 5 200 het dit bygewoon. Die Getuies sal nog ongeveer 40 streekbyeenkomste in die Oekraïne en die Krim hou, waartydens die aandag gevestig sal word op Bybelbeloftes van ’n vreedsame toekoms onder God se Koninkryk. Meer as 165 000 sal na verwagting hierdie geleenthede bywoon, insluitende 7 500 in die Krim.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Die Oekraïne: Vasyl Kobel, tel. +38 032 240 9323

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000