Spring na inhoud

21 JULIE 2014
OOSTENRYK

Jehovah se Getuies word vereer by die Gusen-konsentrasiekamp-gedenkterrein

Jehovah se Getuies word vereer by die Gusen-konsentrasiekamp-gedenkterrein

SELTERS, Duitsland—Op Sondag 13 April 2014 is daar by die Gusen-konsentrasiekamp-gedenkterrein in Oostenryk ’n gedenkplaat onthul ter herinnering aan sowat 450 Getuies van Jehovah wat deur die Nazi’s in die Mauthausen-konsentrasiekamp en sy subkamp in Gusen gevange gehou is. Meer as 130 besoekers het die seremonie bygewoon.

Die gedenkplaat wat op 13 April 2014 gedurende ’n openbare seremonie by die Gusen-konsentrasiekamp-gedenkterrein onthul is..

Toe die Getuies by die Mauthausen-konsentrasiekamp aangekom het, het die bevelvoerder hulle gedreig: “Geen Bybelstudent sal lewend hier uitkom nie.” Martin Poetzinger, wat nege jaar van gevangenskap in Dachau, Mauthausen en Gusen oorleef het en later as ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, gedien het, het oor sy tyd in Mauthausen gesê: “Die Gestapo het alles probeer om ons te kry om ons geloof prys te gee.”

Mei 1945: Gusen-konsentrasiekamp. Martin Poetzinger (in die voorste ry, tweede van links) saam met nog 23 oorlewendes kort ná hulle vrylating.

Party van die Getuies in Mauthausen is later na die subkamp in Gusen verskuif. Gusen het hoofsaaklik as ’n “moordkamp” gedien, waar mense elke dag doelbewus om die lewe gebring is. Om hulle geloof sterk te hou, het die Getuies snags in klein groepies bymekaargekom om gememoriseerde Bybelverse te bespreek. Eenkeer het hulle ’n Bybel in die hande gekry. Dit is in dele verdeel, en elke Getuie het ’n beurt gekry om van die bladsye te hê. In die bietjie vrye tyd wat hulle gehad het, het hulle onder hulle beddens weggekruip om dit gelees.

Die Getuies het ook met ander oor die Bybel se boodskap gepraat wanneer dit veilig was om dit te doen. Vyf Poolse gevangenes het die Bybel saam met die Getuies gestudeer en is in die geheim gedoop in ’n houttrog wat spesiaal daarvoor gemaak is. ’n Getuie met die naam Franz Desch het met ’n SS-offisier oor die Bybel se boodskap gepraat, en hy het later een van Jehovah se Getuies geword.

Wolfram Slupina, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Oostenryk, sê: “Ons is dankbaar dat die Getuies onthou word weens die geloof en moed wat hulle in die Mauthausen- en Gusen-kampe aan die dag gelê het. Hulle vasbeslotenheid om almal met Christelike medelye en goedhartigheid te behandel, was ’n oorwinning oor boosheid, wat inderdaad navolgenswaardig is.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Oostenryk: Wolfram Slupina, tel. +49 6483 41 3110

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000