Geskiedkundige gebeure in die Palestynse gebiede
JANUARIE 2014 – Nadat Palestynse owerhede ’n hele paar keer geweier het, reik hulle geboortesertifikate aan kinders van Getuie-ouers uit
2 OKTOBER 2013 – Hooggeregshof in Ramallah weier aansoek vir wetlike erkenning
20 SEPTEMBER 2010 – Aansoek vir wetlike erkenning weer ingedien; geen terugvoering nie
4 AUGUSTUS 1999 – Aansoek vir wetlike erkenning by die president van die Palestynse Owerheid ingedien, maar is nie suksesvol nie
1967 – Twee gemeentes in die Jordaniese gebied word deel van die Wesoewer in Israel
1948 – As gevolg van oorlog is die eerste twee gemeentes in Palestina deel van Jordanië
1920 – Eerste gemeente van Jehovah se Getuies in Ramallah begin
1891 – Charles T. Russell, die eerste president van die Wagtoringgenootskap, besoek Palestina