’n Oorsig van die Palestynse gebiede
Jehovah se Getuies is al sedert 1919 bedrywig in wat nou die Palestynse gebiede genoem word. Hulle het in 1920 ’n gemeente in Ramallah gestig en het in 1942 ’n tweede gemeente naby Betlehem gevorm. As gevolg van die Palestynse oorlog in 1948 is die land in twee gebiede verdeel: Een deel het die nuwe nasie Israel geword en die ander het onder die beheer van Jordanië gekom. Getuies in Israel en die Palestynse gebiede kon ongeveer 20 jaar lank nie met mekaar kommunikeer nie. Ná die Sesdaagse oorlog in 1967 kon hulle weer met mekaar kommunikeer en het die Getuies weer die vryheid gehad om bymekaar te kom en om hulle bedrywighede in die Wesoewer uit te voer.
Hoewel Jehovah se Getuies in die Palestynse gebiede wetlike registrasie probeer verkry het, het die owerheid hulle aansoeke verwerp. Die Getuies kan bymekaarkom vir aanbidding en ander van hulle godsdiensoortuigings vertel, maar sonder wetlike registrasie word hulle regte ten opsigte van persoonlike status geweier. Die Getuies probeer steeds om basiese regte en ’n mate van wetlike erkenning te verkry.