19 AUGUSTUS 2019
PERU
Jehovah se Getuies in Peru brei openbare getuieniswerk uit by sportgeleenthede
Omtrent 3 000 van ons broers en susters neem deel aan ’n spesiale openbare predikingskampanje gedurende die Pan-Amerikaanse Spele en die Parapan-Amerikaanse Spele in Lima, Peru. Die Spele, wat op 26 Julie 2019 begin het en op 1 September sal klaarmaak, sluit meer as 8 500 atlete in en omtrent 250 000 toeriste sal dit bywoon.
Die verkondigers het 100 lektuurtrollies op 53 verskillende plekke opgestel om vir soveel besoekers as moontlik te preek. Lektuur is in Aymara, Engels, Frans, Portugees, Quechua (Ayacucho) en Spaans beskikbaar. Daar word ook video’s in Peruaanse Gebaretaal by lektuurtrollies gewys vir besoekers wat doof is en wat nie so goed kan hoor nie.
Broer Kemps Moran Hurtado, wat help om die kampanje te organiseer, het gesê: “Hierdie kampanje sal ons help om met baie mense van verskillende agtergronde en kulture te praat omdat hierdie soort geleenthede internasionale besoekers trek. Ons openbare getuieniswerk is ’n waardevolle deel van ons Bybelonderrigtingswerk. Dit laat mense toe om te sien dat Jehovah se Getuies in openbare plekke preek.”
Ons is opgewonde om van hierdie predikingskampanje te hoor gegaan het. Ons is seker daarvan dat Jehovah sal aanhou om die werk te seën wat ons broers en susters in Peru doen, terwyl hulle aanhou preek waar hulle ook al mense kan kry. – Handelinge 17:17.