Spring na inhoud

’n Straat wat erg oorstroom is in die stad Piura. Kleiner foto links: Vrywilligers werk om die huis van ’n broer in Cieneguilla te herstel. Kleiner foto regs: ’n Familie wat deur die sikloon geraak is, geniet ’n aanmoedigende besoek van ’n lid van die Takkomitee

12 APRIL 2023
PERU

Sikloon Yaku tref die kus van Peru

Sikloon Yaku tref die kus van Peru

Sikloon Yaku het die noordelike kus van Peru vroeg in Maart 2023 getref. Ná twee dae van oorstromings en modderstortings is ’n noodtoestand in die noordelike en sentrale gebiede van die land afgekondig. Die oorstromings het huise, brûe en hoofpaaie vernietig, wat dit vir mense moeilik gemaak het om die gebiede te ontruim.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 2 verkondigers is beseer

  • 106 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 70 huise is erg beskadig

  • 130 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 5 Koninkryksale is erg beskadig

  • 5 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee geestelike vertroosting en praktiese ondersteuning aan diegene wat in die gebiede bly wat hulp nodig het

  • 3 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer

Ons is vol vertroue dat Jehovah ons broers in Peru help om “ten volle [te] volhard met geduld en vreugde”. – Kolossense 1:11.