Spring na inhoud

30 MAART 2017
PERU

Peru: Vloede en modderstortings duur voort

Peru: Vloede en modderstortings duur voort

Swaar reën het vloede en modderstortings in 24 van die 25 streke van Peru veroorsaak. Volgens berigte word daar verwag dat hierdie toestande sal voortduur. Die reënval gedurende die reënseisoen (Desember tot Maart) was 10 keer meer as gewoonlik. Jehovah se Getuies help hulle medegelowiges sowel as ander wat deur die ramp getref is.

Meer as 530 huise van Jehovah se Getuies en 6 plekke van aanbidding (Koninkryksale) is deur die vloede beskadig. Volgens berigte was baie Getuies as gevolg van vloedwaters op die dakke van hulle huise vasgekeer in die dorp Huarmey, 288 kilometer van Lima.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Peru het agt noodlenigingskomitees opgerig om na die Getuies om te sien in die rampgebiede, insluitende die 12 streke waar die regering ’n noodtoestand afgekondig het. Die noodlenigingskomitees het reeds 22 ton kos en meer as 22 000 liter drinkwater aan die slagoffers voorsien. Nog 48 ton kos en meer as 9 000 liter drinkwater sal in die komende weke na hulle gestuur word. Honderde Getuies in Peru het hulle vrywillig aangebied om met die skoonmaak en herstelwerk te help.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Peru: Norman R. Cripps, +51-1-708-9000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000