3 NOVEMBER 2017
PORTUGAL
Portugal se dodelikste brandseisoen ooit
Baie hoë temperature en verskriklike droogte het bygedra tot die ergste brande wat nog ooit in Portugal opgeteken is. Daar is altesaam 64 mense in Junie oorlede, en nog 45 in Oktober. Teen die middel van Oktober is 523 brande gerapporteer. Elke jaar brand meer as 83 000 hektaar grond in die land. Volgens die Europese Unie se Nooddienste het hierdie jaar se brande alreeds sowat 520 000 hektaar afgebrand. Dit is meer as ses keer die hoeveelheid grond wat elke jaar afbrand.
Volgens die takkantoor in Portugal het een van ons broers en sy vier-jarige familielid as gevolg van die brande gesterf. Die brande het van ons broers se huise beskadig en vernietig, sowel as landerye en plaastoerusting. Dit het ook van hulle vee doodgemaak. Die broers en susters daar het mekaar gehelp om die skade wat die brande veroorsaak het, skoon te maak. Hulle het ook gehelp om gebrande bome en ander brandskade op te ruim.
’n Plaaslike noodlenigingskomitee is gevorm om praktiese hulp te gee. Twee lede van die Takkomitee in Portugal het ook saam met die plaaslike kringopsieners en ouer manne in die gemeentes gegaan om ons broers en susters aan te moedig.
Ons bid dat Jehovah aanhou om die broers in Portugal te vertroos met die liefdevolle ondersteuning wat hulle nodig het om te herstel na al die skade wat die brande aangerig het. — Psalm 71:21.
Mediaverteenwoordiger:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Portugal: João Pedro Candeias, +351-214-604-339