15 JANUARIE 2020
PUERTO RICO
Groot aardbewings tref Puerto Rico
Op 7 Januarie 2020 het ’n aardbewing van 6,4 Puerto Rico getref, gevolg deur honderde kleiner aardbewings en naskokke. Op die oggend van 11 Januarie het ’n aardbewing van 5,9 die eiland getref.
Baie op die eiland het nog steeds nie elektrisiteit nie en woon buite omdat dit nie veilig in hulle huis is nie. Die takkantoor in die Verenigde State het bevestig dat geen van ons broers of susters beseer of dood is nie. Maar 248 moes hulle huise verlaat. Daar is ook 8 huise van verkondigers wat vernietig is en 70 huise wat beskadig is. Tien Koninkryksale is ook beskadig. ’n Noodlenigingskomitee, saam met die plaaslike kringopsieners, is besig om noodlenigingswerk te reël en om die verkondigers wat deur die aardbewing geraak is, te vertroos.
Al is omstandighede moeilik hou ons broers aan om Jehovah te dien. Broer Robert Hendriks, in die Openbare Inligtingsafdeling by die takkantoor van die Verenigde State, verduidelik: “Hierdie soort ramp is nie algemeen in Puerto Rico nie, en daarom het hierdie aardbewings gemaak dat ons broers en susters baie angstig voel. Maar ons is baie bly om te sien dat dit hulle nie ondergekry het nie. Waar dit moontlik was, het hulle aangehou om vergaderinge toe te gaan en te preek al het hulle nie elektrisiteit of water nie. Die ouermanne werk baie hard om broers en susters te help, aan te moedig en te ondersteun.”
Ons word aangemoedig deur ons broers se waardering vir geestelike dinge terwyl hulle deur hierdie natuurramp gaan. Ons bid dat Jehovah sal aanhou om vir hulle innerlike vrede te gee. – Psalm 119:165.