30 JUNIE 2020
RUSLAND
Aanklaer appelleer Dennis Christensen se vroeë vrylating
Ons het onlangs uitgevind dat die aanklaer, A.A. Sjatoenof, van die staatsaanklaer se kantoor in die Koersk-streek broer Dennis Christensen se vroeë vrylating geappelleer het. Dit sal keer dat hy vroeg vrygelaat word. Alhoewel sy regsgeleerdes ’n beswaar sal indien, sal dit heel moontlik weke neem voordat ’n verhoor geskeduleer word. Die tronk het broer Christensen vir tien dae in ’n strafsel gesit. Ten spyte van hierdie gebeure gaan dit goed met hom. Dankie dat julle aanhou om vir broer en suster Christensen te bid.