13 AUGUSTUS 2024
RUSLAND
Aleksandr Parkof uit Russiese tronk vrygelaat
Op 9 Augustus 2024 is broer Aleksandr Parkof uit ’n tronk in Rusland vrygelaat. Hy is op 29 Julie 2021 skuldig bevind en ’n tronkvonnis van ses en ’n half jaar gegee. As gevolg van die tyd wat Aleksandr in aanhouding was voordat hy skuldig bevind is, beskou hulle sy vonnis as uitgedien.
Aleksandr en sy vrou, Galina Parkowa, was altesaam meer as vyf jaar lank weg van mekaar. Gedurende hierdie tyd was Galina in ’n aparte saak verhoor. Sy het ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar en drie maande gekry. Sy het ook as gevolg van die saak haar werk verloor.
Terwyl Aleksandr in die tronk was, is hy toegelaat om met sy vrou deur middel van oproepe en briewe te kommunikeer. Galina vertel hoe hy aangehou het om haar aan te moedig terwyl hulle deur hierdie moeilike tye gegaan het. Sy sê: “Hy het my gereeld daaraan herinner dat so lank as wat Jehovah saam met ons is, ons niks het om te vrees nie.”
Ons is vol vertroue dat Jehovah Aleksandr en Galina sal seën terwyl hulle nou weer bymekaar is en aanhou om Hom saam te aanbid. Ons wil ook aanhou om “waaksaam [te wees] wanneer dit kom by gebede” vir dié wat in die tronk is weens hulle geloof. – 1 Petrus 4:7.