Spring na inhoud

23 Mei 2019
RUSLAND

Appèlhof bly by beslissing om Dennis Christensen tronk toe te stuur

Appèlhof bly by beslissing om Dennis Christensen tronk toe te stuur

Op 23 Mei 2019 het ’n paneel van drie regters van die Oriol-streekhof Dennis Christensen se appèl verwerp. Hulle het by die beslissing van ses jaar tronkstraf gebly wat hy vroeër gekry het. Omtrent 80 van ons broers en susters het die hofsaak bygewoon. Amptenare van Australië en Denemarke was ook daar. Die uitslag van hierdie saak is regoor die wêreld in die nuus.

Oor die laaste drie maande vandat broer Christensen in Februarie gevonnis is, is 115 huise deursoek en drie keer soveel kriminele sake teen Jehovah se Getuies gemaak in vergelyking met die vorige drie maande.

Ons bid vir broer Christensen en al ons mede-gelowiges in Rusland. Ons weet Jehovah is “naby almal wat hom aanroep” en dat hy sal aanhou om ons broers te help om getrou te bly ten spyte van vervolging. – Psalm 145:18.