11 OKTOBER 2024
RUSLAND
Arsen Awanesof uit Russiese tronk vrygelaat
Op 9 Oktober 2024 is broer Arsen Awanesof uit ’n Russiese tronk vrygelaat. Hy is aanvanklik op 29 Julie 2021 skuldig bevind en ’n tronkvonnis van ses en ’n half jaar gegee. Toe, gedurende ’n appèlaansoek, het die regter sy tronkvonnis na sewe jaar verleng. Aangesien hy meer as twee jaar lank in aanhouding voor sy verhoor was voordat hy skuldig bevind is, is sy vonnis nou uitgedien.
Arsen se pa, broer Wilen Awanesof, is gedurende dieselfde kriminele verhoor skuldig bevind en het ’n tronkvonnis van ses jaar uitgedien. Hy is op 9 Februarie 2024 vrygelaat.
Arsen kon sterk bly terwyl hy in die tronk was omdat hy vasbeslote was om getrou aan Jehovah te bly. In sy slotkommentare aan die hof voordat hy tronk toe gestuur is, het hy gesê: “Ek het ’n belofte aan Jehovah gemaak om lojaal te bly. Ek het my lewe aan hom toegewy en het dit met my hele hart gedoen. Ek sal nooit my belofte aan hom verbreek nie.” Arsen het ook gesê dat baie sterk geloof in God nie vernietig kan word nie. Hy het verder gesê: “My geloof het nie swakker geword nie. Dit het eintlik sterker geword.”
Ons is bly dat Arsen weer saam met sy gesin is, en ons sal aanhou bid vir ons broers en susters wat nog in die tronk is. Dit is vertroostend om te weet dat ons geloof en volharding ryk seëninge meebring al sal ons “allerhande moeilike tye deurmaak”. – 1 Petrus 1:6, 7.