30 AUGUSTUS 2024
RUSLAND
Broer Aleksandr Salnikof word ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee
Op 22 Augustus 2024 het die Ordzjonikidzefski-distrikshof van Magnitogorsk in die Tsjeljabinsk-streek broer Aleksandr Salnikof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons is dankbaar om te weet dat ons vrygewige God ons altyd sal help om die eienskappe te versterk wat ons nodig het om enige probleem te verduur. – Galasiërs 5:22, 23.
Tydlyn
18 April 2023
Kriminele saak word gemaak. Word aangekla van die organisering van vergaderinge deur middel van videokonferensie
20 April 2023
’n Hele paar huise in Magnitogorsk word deursoek, insluitende Aleksandr se huis. Aleksandr word aangehou en in ’n tydelike detensiefasiliteit geplaas
22 April 2023
Word uit tydelike detensie vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
14 Mei 2024
Kriminele verhoor begin
22 Augustus 2024
Word skuldig bevind en ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee