28 FEBRUARIE 2023
RUSLAND
Broer Aleksandr Sjtsjerbina uit die tronk vrygelaat
Op 22 Februarie 2023 is broer Aleksandr Sjtsjerbina vrygelaat uit ’n Russiese strafkolonie in die stad Rostof-on-Don. Hy was 79 dae lank in aanhouding voor sy verhoor en nog 609 dae in ’n strafkolonie, altesaam amper 2 jaar in aanhouding.
Net voor die einde van sy hofsaak het Aleksandr gesê hoe die voorbeeld van Mordegai in die Bybel hom aangemoedig het: “Mordegai was nie bang vir Haman nie, al was hy ’n gevaarlike vyand. Wat vir Mordegai die belangrikste was, was om getrou aan Jehovah te bly onder alle omstandighede. Om oor sy voorbeeld na te dink het my gehelp om moedig te bly.”
Ons is dankbaar vir Aleksandr se goeie voorbeeld. En ons is baie bly dat hy weer saam met sy familie en vriende is en aanhou om met Jehovah se seën ‘vas te staan in die geloof’. – 1 Korintiërs 16:13.