1 MAART 2024
RUSLAND
Broer Aleksandr Tsjagan tot agt jaar tronkstraf gevonnis
Op 29 Februarie 2024 het die Tsentralni-distrikshof van Toljatti in die Samara-streek broer Aleksandr Tsjagan skuldig bevind en hom tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in die hof in hegtenis geneem.
Profiel
Ons sal aanhou bid dat Jehovah ‘goedheid betoon aan’ Aleksandr en almal wat vir Sy naam ywerig bly. – Psalm 119:135, 139.
Tydlyn
4 Maart 2022
Huis word deursoek
14 September 2022
Kriminele saak word gemaak
21 September 2022
Huis word vir ’n tweede keer deursoek
22 September 2022
Word ondervra en oornag aangehou
23 September 2022
Word vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
23 Augustus 2023
Kriminele verhoor begin
29 Februarie 2024
Word skuldig bevind en tot agt jaar tronkstraf gevonnis
a Broer Tsjagan het die kommentare voor sy vonnis voorsien.