Spring na inhoud

Broer Anatoli Tokaref saam met sy seun, Andrei, sy vrou, Margarita, en hulle dogter, Jekaterina

8 OKTOBER 2020
RUSLAND

Broer Anatoli Tokaref kan drie en ’n half jaar lank tronk toe gaan in Rusland

Broer Anatoli Tokaref kan drie en ’n half jaar lank tronk toe gaan in Rusland

Datum van uitspraak

Op 23 Oktober 2020 a word daar verwag dat die Oktjabrski-distrikshof van Kirof sy uitspraak sal gee in die saak van broer Anatoli Tokaref. Hy kan drie en ’n half jaar lank tronk toe gaan.

Profiel

Anatoli Tokaref

  • Gebore: 1958 (Baranofskaja, Kirof-streek)

  • Agtergrond: Grootgemaak deur sy ma. Het as ’n sagteware-ingenieur gewerk voordat hy afgetree het. Is lief vir fotografie en geniet dit om skaak en die trekklavier te speel. Het met sy vrou, Margarita, in 1979 getrou. Hulle het twee kinders

  • Nadat hy wetenskap gestudeer het, het hy ’n ateïs geword. Op 27 het hy die Bybel met Jehovah se Getuies begin studeer en besef dat Bybelleringe nie met die wetenskap bots nie

Geskiedenis van saak

Op 24 Mei 2019 het beamptes van Rusland se afdeling wat ekstremisme teëstaan, die Tokaref’s se woonstel deursoek. Die beamptes het broer Tokaref begin ondervra. Hulle het gedreig om broer Tokaref se gesin krimineel te vervolg as hy nie erken dat hy betrokke is by “ekstremistiese” bedrywigheid nie. Broer Tokaref was toe na die departement van ondersoek geneem om ondervra te word.

Broer Tokaref is amper vyf maande later krimineel aangekla onder twee artikels van die Strafwet van die Russiese Federasie. Hy word daarvan aangekla dat hy ’n “ekstremistiese” organisasie finansieel ondersteun. Die aanklaer gebruik ook geheime oudio-opnames van die Tokaref’s se woonstel om aan te voer dat Anatoli vergaderinge georganiseer het waar “ekstremistiese” lektuur gestudeer is.

Ons bid vir broer Tokaref en sy gesin. Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om “lojaal” te wees teenoor hulle. – Psalm 18:25.

a Kan heel moontlik verander