9 NOVEMBER 2022
RUSLAND
Broer Andrei Danieljan tot ses jaar tronkstraf gevonnis
Op 7 November 2022 het die Roebtsofski-stadshof van die Altai-gebied broer Andrei Danieljan skuldig bevind en hom tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Hy was dadelik in hegtenis geneem.
Tydlyn
25 Mei 2021
Kriminele saak word begin nadat hulle Andrei se aktiwiteite maande lank dopgehou het en sy gesprekke afgeluister het
26 Mei 2021
Woonstel word deursoek. Andrei en sy vrou word aangehou en ondervra. Reisbeperkings is op Andrei geplaas
13 Julie 2022
Amptelik aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie
5 September 2022
Kriminele verhoor begin
7 November 2022
Tot ses jaar tronkstraf gevonnis
Profiel
Ons waardeer die goeie voorbeeld van Andrei en baie ander broers en susters wat vasbeslote is om godvrugtige toegewydheid aan te leer terwyl ons almal uitsien na ‘die belofte vir die lewe wat sal kom’. – 1 Timoteus 4:8.
a Broer Danieljan het sy kommentare gegee voordat hy gevonnis is.