Spring na inhoud

Broer en suster Oniszczuk weer saam in die gang van die Kirof-streekhof

6 SEPTEMBER 2019
RUSLAND

Broer Andrzej Oniszczuk vrygelaat uit die tronk nadat hy 11 maande in alleenopsluiting was

Broer Andrzej Oniszczuk vrygelaat uit die tronk nadat hy 11 maande in alleenopsluiting was

Op 3 September 2019 is broer Andrzej Oniszczuk uit ’n Russiese tronk vrygelaat. Hy is vanaf 9 Oktober 2018 in die tronk net omdat hy sy geloof beoefen het. Gedurende hierdie tyd is hy in alleenopsluiting aangehou en is hy nie toegelaat om met sy vrou, Anna, te praat of haar te sien nie. Al kan hy teruggaan huis toe, is hy nog steeds onder beperkings, wat beteken dat hy nie ver kan reis nie. Sy kriminele saak is nog steeds aan die gang.

Ons is bly dat broer Andrzej Oniszczuk en sy vrou se geloof sterk gebly het gedurende hierdie moeilike tyd. Ons is dankbaar dat Jehovah na alle gebede luister ten behoewe van diegene wat “’n gevangene is”. – Kolossense 4:2, 3.