Spring na inhoud

Broer Anton Wiritsj

7 MEI 2024
RUSLAND

Broer Anton Wiritsj tot tronkstraf van ses jaar en twee maande gevonnis

Broer Anton Wiritsj tot tronkstraf van ses jaar en twee maande gevonnis

Op 25 April 2024 het die Pozjarski-distrikshof van die Primorje-gebied broer Anton Wiritsj skuldig bevind en hom tot ’n tronkstraf van ses jaar en twee maande gevonnis. Hy is al sedert 11 Julie 2023 in aanhouding en sal in aanhouding bly.

Profiel

Dit vertroos ons om te weet dat as ons ons liefde vir Jehovah bewys deur in moeilike tye te volhard, ons sy goedkeuring en seën kry. – Jakobus 1:12.

Tydlyn

  1. 11 Februarie 2021

    Kriminele saak word gemaak

  2. 9 November 2021

    Sonder om Anton in te lig, is hy krimineel aangekla en onder reisbeperkings geplaas

  3. 11 Julie 2023

    Gedurende ’n padblokkade het die polisie van die stad Oezjoer vir Anton gesê dat hy deur die polisie gesoek word en hom gearresteer. Word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  4. 15 Julie 2023

    Word met ’n vliegtuig na ’n detensiesentrum voor sy verhoor in Loetsjegorsk geneem, wat meer as 4 700 kilometer van Oezjoer is

  5. 7 November 2023

    Kriminele verhoor begin

  6. 25 April 2024

    Word skuldig bevind en tot ’n tronkstraf van ses jaar en twee maande gevonnis