Spring na inhoud

Links na regs: Broer Sergei Britwin en Wadim Leftsjoek agter tralies in ’n hof

20 AUGUSTUS 2020
RUSLAND

Broer Britwin en Leftsjoek kan ses en ’n half jaar lank in Russiese tronk gesit word

Broer Britwin en Leftsjoek kan ses en ’n half jaar lank in Russiese tronk gesit word

Datum van uitspraak

Voorgestelde vonnis

Ses en ’n half jaar tronkstraf

Profiel

Sergei Britwin

  • Gebore: 18 Augustus 1965 (Kemerowo-streek)

  • Agtergrond: Het jare lank as ’n hyskraan- en trokdrywer gewerk. Het vroeg afgetree as gevolg van gesondheidsprobleme. Hou van sport

  • Het in 1992 met Natalja getrou. Het in 1995 die Bybel begin studeer nadat hy oor God se belofte van ’n opstanding geleer het. ’n Paar jaar later het Natalja besluit om die Bybel te studeer. Sy was beïndruk deur Sergei se geloof en hoe dit hom beweeg het om baie positiewe veranderinge te maak

Wadim Leftsjoek

  • Gebore: 6 Februarie 1972 (Kemerowo-streek)

  • Agtergrond: Het in ’n niegodsdienstige huis grootgeword. Het 14 jaar lank in ’n myn gewerk

  • Het in 1992 die Bybel begin studeer. Het in 1997 met Tatiana getrou. Het twee seuns. Die hele gesin respekteer die Bybel. Hulle hou ook van sport en aktiwiteite in die buitelug

Geskiedenis van saak

Op 22 Julie 2018 het agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) agt huise van ons broers in die stad Berezofski deursoek. As gevolg hiervan is broer Britwin en Leftsjoek aangehou en ondervra. Daarna het die Sentrale distrikshof van Kemerowo beveel dat albei broers in aanhouding gesit word voor hulle verhoor. Hulle was amper ’n jaar en ’n half lank in aanhouding. Op 25 Desember 2019 is die broers na huisarres oorgeplaas, waar hulle tot vandag toe is.

Broer Britwin en Leftsjoek is twee van vyf broers wat in die Kemerowo-streek krimineel aangekla word as gevolg van hulle geloof. Ons dink aan en bid vir al ons broers en susters wat in die tronk is in Rusland. Hebreërs 13:3 herinner ons: “Dink aan dié wat in die tronk is asof julle saam met hulle daar is, en aan dié wat sleg behandel word, aangesien julle self nog ook in die liggaam is.”

a Kan heel moontlik verander