24 AUGUSTUS 2020
RUSLAND
Broer Chasan Kogoet kan twee jaar lank na Russiese tronk gestuur word, weg van sy vrou en jong seun
Datum van uitspraak
31 Augustus 2020, a Berezofski-stadshof in die Kemerowo-streek
Voorgestelde vonnis
Twee jaar tronkstraf
Profiel
Chasan Kogoet
Gebore: 1983 (Sjahrisabz, Oesbekistan)
Agtergrond: Het vir die eerste keer in die middel-1990’s in die Bybel begin belangstel. Het in 2004 na Rusland getrek en Russiese burgerskap gekry. Het in 2010 met Jekaterina getrou. Hulle seun, Timofei, is in 2012 gebore
Geskiedenis van saak
In Julie 2018 het die polisie agt huise van die Getuies deursoek en elektroniese toestelle afgevat. ’n Paar maande later het die polisie broer Kogoet en sy vrou gevra om na die polisiestasie toe te kom om ’n item te kom haal wat afgevat was. Toe hulle op 6 Februarie 2019 by die polisiestasie aangekom het, het hulle broer Kogoet gearresteer. Die polisie het hom daarvan aangekla dat hy deelneem aan die bedrywighede van ’n “ekstremistiese” organisasie net omdat hy deelgeneem het aan godsdiensvergaderinge.
Nadat broer Kogoet twee dae by die stasie aangehou is, is hy onder huisarres geplaas. Hy was meer as 200 dae onder huisarres voordat hy in Augustus 2019 vrygelaat is. Sy kriminele verhoor het ’n paar weke later begin.
Terwyl die Kogoet-gesin vir die uitspraak wag, weet ons dat hulle sal aanhou om hulle bekommernisse aan Jehovah oor te gee en dat hulle vertroos word deur die versekering dat hy vir hulle omgee. – 1 Petrus 5:7.
a Kan heel moontlik verander