Spring na inhoud

Broer Dennis Christensen in 2018 in ’n aanhoudingskamer by ’n hof

8 JULIE 2020
RUSLAND

Broer Christensen se “straf” met vyf dae verleng na nog valse aanklagtes

Broer Christensen se “straf” met vyf dae verleng na nog valse aanklagtes

Op 6 Julie 2020 sou broer Dennis Christensen uit sy strafsel a vrygelaat word. Maar op dieselfde dag het die Lgof-tronk sy tyd in hierdie sel met nog vyf dae verleng. Die rede hiervoor is gebaseer op ’n nuwe stel ongegronde aantygings, soos dat hy laat was.

Broer Christensen het vir sy regsgeleerde gesê dat die owerheid leuens vertel om te keer dat hy vroeër vrygelaat kan word. Broer Christensen het al meer as ’n jaar gelede genoeg van sy ses jaar vonnis uitgedien om hom te laat kwalifiseer om vroeg vrygelaat te word. Hy het al vier keer aansoek gedoen, maar die Lgof-hof en die tronkbeamptes het sy aansoeke teëgestaan.

Die Russiese regering hou aan om leuens oor ons liewe broers in Rusland te versprei, maar ons weet dat Jehovah hulle sal help deur vir hulle vrede te gee en “hulle met goedkeuring [sal] omring soos met ’n groot skild”. – Psalm 5:12; 119:69.

a Ons het in ’n vorige artikel genoem dat kort nadat ’n hof beslis het dat broer Christensen vroeg vrygelaat kan word, is die uitspraak geappelleer en is hy na ’n spesiale strafblok (EPKT) gestuur, wat gewoonlik vir gewelddadige misdadigers is. Die EPKT deel dieselfde gebou met ’n ander straf-afdeling, wat die SHIZO genoem word, waar gevangenes geneem word vir kleiner oortredings. Ons weet nou dat hy in die SHIZO-afdeling is.