Spring na inhoud

Broer Denis Antonof saam met sy vrou, Olga (links), en broer Aleksandr Korolef saam met sy vrou, Natalja (regs), net nadat die broers uit die tronk vrygelaat is

19 JUNIE 2024
RUSLAND

Broer Denis Antonof en Aleksandr Korolef uit Russiese tronk vrygelaat

Broer Denis Antonof en Aleksandr Korolef uit Russiese tronk vrygelaat

Op 14 Junie 2024 is broer Denis Antonof en Aleksandr Korolef uit ’n Russiese tronk in die dorpie Molotjnitsa vrygelaat. Albei broers is op 25 Augustus 2022 skuldig bevind en tot twee jaar tronkstraf gevonnis. Hulle tronkstraf is nou uitgedien omdat hulle reeds tyd in ’n tydelike detensiesentrum voor hulle verhoor deurgebring het.

Denis se vrou, Olga, het gesê wat haar en Denis gehelp het terwyl hulle nie bymekaar kon wees nie: “Ons het mekaar aangemoedig deur briewe te skryf waarin ons Bybeltekste met mekaar gedeel het. Een teks wat ons veral gehelp het, is Prediker 8:12, waar Salomo geskryf het: ‘Ek weet ook dat dit goed sal gaan met dié wat die ware God vrees.’ Hierdie teks het ons die vertroue gegee dat as ons aanhou om Jehovah te dien en nie opgee nie, hy ons die krag sal gee om te volhard.”

In Aleksandr se laaste woorde aan die hof net voordat hy skuldig bevind is, het hy sy ondervinding met dié van die profeet Daniël vergelyk. Aleksandr het gesê: “Ten spyte daarvan dat Daniël met die dood gedreig is, het sy geloof hom beweeg om aan te hou om tot Jehovah God te bid. Ek sal aanhou om God te vra om dieselfde soort geloof te hê, wat geen vervolging kan afbreek nie.”

Ons is saam met Denis en Aleksandr bly noudat hulle weer saam met hulle families is. Hulle ondervindinge verseker ons van die woorde in Psalm 4:3: “Weet dat Jehovah sy lojale kneg op ’n spesiale manier sal behandel. Jehovah sal hoor wanneer [ons] tot hom roep.”