Spring na inhoud

11 JULIE 2020
RUSLAND

Broer Dennis Christensen oorgeplaas van spesiale strafblok na gewone tronk

Broer Dennis Christensen oorgeplaas van spesiale strafblok na gewone tronk

Op 11 Julie 2020 het die Lgof-tronk broer Dennis Christensen na die gewone tronk oorgeplaas. Hy is vanaf die spesiale strafblok oorgeplaas, waar hy die afgelope 15 dae in aanhouding was. Soos in ’n vorige artikel genoem is, is hy gestraf as gevolg van valse aanklagtes. Hy is nou weer in die gewone tronk en hy bly positief. Broer Christensen se regsgeleerdes gaan die nuutste aanklagtes appelleer, en hulle hoop dat dit nie sy versoek vir vroeë vrylating sal beïnvloed nie.