Spring na inhoud

10 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Broer Dennis Christensen se parool word verwerp

Broer Dennis Christensen se parool word verwerp

Op 10 Februarie 2021 het die Koersk-streekhof broer Dennis Christensen se versoek om vroeg vrygelaat te word, verwerp. Hy het die hof gevra om die res van sy tronkstraf met ’n boete te vervang. Dennis kwalifiseer al meer as ’n jaar lank vir parool, maar sy versoek word die heeltyd verwerp.

Dennis het onlangs vir sy vrou, Irina, geskryf. Hy het een van sy gunstelingtekste gestuur: “Laat ons dus nie ophou om te doen wat goed is nie, want op die regte tyd sal ons oes as ons nie moeg word nie” (Galasiërs 6:9). Hy het geskryf dat hy seker is dat Jehovah hulle sal beloon as hulle aanhou doen wat goed is, ander help en nie moed opgee nie. Hy het ook geskryf dat hy selfs nader aan Jehovah wil wees wanneer hy die tronk verlaat as toe hy tronk toe gegaan het.

Dennis is al sedert Mei 2017 – amper vier jaar – in die tronk en weg van Irina. Dennis en Irina bly voorbeelde vir ons as gevolg van hulle vertroue in Jehovah, hulle innerlike vrede en hulle vasbeslotenheid om lojaal te bly. – Filippense 1:14.