Spring na inhoud

9 JUNIE 2020
RUSLAND

Broer Gennadi Sjpakofski gevonnis tot ses en ’n half jaar tronkstraf in ’n Russiese tronk

Broer Gennadi Sjpakofski gevonnis tot ses en ’n half jaar tronkstraf in ’n Russiese tronk

Op Dinsdag 9 Junie 2020 het die Pskof-stadshof die 61-jarige broer Gennadi Sjpakofski skuldig bevind en tot ses en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Hy is dadelik vanaf die hof na die tronk toe geneem. Dit is die langste vonnis wat een van ons broers gekry het sedert die Russiese Hooggeregshof in 2017 beslis het dat dit ’n misdaad is om een van Jehovah se Getuies te wees. Broer Sjpakofski sal die uitspraak appelleer.