Spring na inhoud

Broer Gennadi Sjpakofski saam met sy vrou, Tatiana

5 JUNIE 2020
RUSLAND

Broer Gennadi Sjpakofski sal dalk sewe en ’n half jaar tronkstraf in ’n Russiese tronk moet uitdien

Broer Gennadi Sjpakofski sal dalk sewe en ’n half jaar tronkstraf in ’n Russiese tronk moet uitdien

Die Pskof-stadshof sal op 8 Junie 2020 sy uitspraak lewer in die saak waarby die 61-jarige broer Gennadi Sjpakofski betrokke is. Hy is van “ekstremistiese” bedrywigheid aangekla net omdat hy klein Christelike vergaderinge in sy huis gehou het. Die aanklaer het die hof gevra om broer Sjpakofski sewe en ’n half jaar tronkstraf te gee.

Aan die begin van 2018 het agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) maande lank die Sjpakofski-gesin in hulle woonstel afgeluister en hulle bedrywighede dopgehou. Op 3 Junie 2018, om 12:45, het FSB-agente saam met gewapende offisiere van die Nasionale Burgermag die voordeur van hulle woonstel afgebreek. ’n Paar mense het daar bymekaargekom om ’n vreedsame vergadering te hou. Die agente het die woonstel ses uur lank deursoek.

Die FSB-agente het tablette en selfone afgevat en die Getuies weggeneem om ondervra te word. Die agente wat die Getuies ondervra het, het hulle beledig en gedreig. Hulle het gesê dat die Getuies hulle werk kon verloor en tronk toe kon gaan. Broer Sjpakofski is tot 22:00 ondervra.

Op 19 Maart 2019 is broer Sjpakofski aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n “ekstremistiese” organisasie. Vyf maande later is hy ook daarvan aangekla dat hy “ekstremistiese bedrywighede finansieel ondersteun”.

Terwyl ons wag vir die uitspraak van die hof, bid ons vol vertroue dat Jehovah die Sjpakofski-gesin sal help om sterk te bly. Ons weet dat hulle getroue volharding beloon sal word. – 2 Kronieke 15:7.