Spring na inhoud

Broer Gennadi Sjpakofski, net nadat hy vrygelaat is uit die tronk, saam met sy vrou, Tatiana, en sy dogter, Maria

3 AUGUSTUS 2020
RUSLAND

Broer Gennadi Sjpakofski vrygelaat uit die tronk

Broer Gennadi Sjpakofski vrygelaat uit die tronk

Op Maandag 3 Augustus 2020 het die Pskof-stadshof beslis dat broer Gennadi Sjpakofski uit die tronk vrygelaat moet word. Die hof bevind hom nog steeds skuldig, maar hulle het sy vonnis van ses en ’n half jaar tronkstraf vervang met ’n opgeskorte vonnis vir dieselfde tydperk, wat ’n parooltydperk van twee jaar insluit. Broer Sjpakofski is ’n paar uur ná die hof se uitspraak vrygelaat. Die aanklaer het die reg om te appelleer.