Spring na inhoud

Broer Igor Tsaref

28 JANUARIE 2021
RUSLAND

Broer Igor Tsaref kan tot vier jaar tronkstraf kry omdat hy die Bybel studeer

Broer Igor Tsaref kan tot vier jaar tronkstraf kry omdat hy die Bybel studeer

Datum van uitspraak

Daar word verwag dat die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek sy uitspraak op 1 Februarie 2021 a sal gee in die saak teen broer Igor Tsaref. Hy kan tot vier jaar tronkstraf gevonnis word.

Profiel

Igor Tsaref

  • Gebore: 1974 (Birakan, Joodse selfregerende streek)

  • Agtergrond: Hy het twee jonger susters. Toe hy nog op skool was, het hy as ’n houtkapper, ’n timmerman en ’n elektrisiën gewerk sodat hy sy gesin kon help ondersteun. Hou daarvan om tyd in die natuur te spandeer en om vis te vang

  • Hy het gewonder wat die doel van die lewe is terwyl hy in die weermag was. As gevolg hiervan het hy en sy pa die Bybel begin studeer. Hy is in 1997 gedoop. Het in 1998 met sy vrou, Wiktorija, getrou. Hulle het ’n dogter wat op skool is

Geskiedenis van saak

Op 30 Julie 2019 het die Russiese owerhede ’n kriminele saak teen broer Igor Tsaref gemaak. Hy word daarvan aangekla dat hy die Bybel studeer “sodat hy ander kan leer wat Jehovah se Getuies glo”. Video’s van godsdiensvergaderinge wat deur offisiere van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) in die geheim gemaak is, is as bewys teen Igor gebruik. Die aanklaer het gevra dat die verhore nie vir die openbaar oop moet wees nie, wat vreemd is. Die aanklaer het gesê dat as daar mense by die verhore is, hulle deur Igor oortuig kan word om Jehovah se Getuies te word. Die hof het saam met die aanklaer gestem.

Igor sê: “Die hof se uitspraak sal binnekort baie dinge in my lewe verander. Die hof het alreeds my lewe verander. Hulle het my verhoed om te reis. Ek moes by die werk aan my baas verduidelik hoekom die polisie my vervolg. My baas en die mense met wie ek werk, sukkel om te verstaan hoekom ek van ’n misdaad aangekla word, maar hulle erken dat Christene nog altyd vervolg was.”

Ons bid vir Igor en sy gesin. Ons weet dat Jehovah vir hulle “die krag van sy gees” sal gee. – Efesiërs 3:16.

a Kan heel moontlik verander.