Spring na inhoud

12 FEBRUARIE 2020
RUSLAND

Broer Jefgeni Aksenof word aangekla van ’n misdaad omdat hy Bybelbeginsels bespreek het

Broer Jefgeni Aksenof word aangekla van ’n misdaad omdat hy Bybelbeginsels bespreek het

Die Zjeleznodorozjni-streekhof in Chabarowsk sal sy uitspraak op Vrydag 14 Februarie 2020 gee in die hofsaak waarby broer Jefgeni Aksenof betrokke is. Die staatsaanklaer het gevra vir ’n vonnis van drie jaar tronkstraf.

Op 21 April 2018 het broer Aksenof met vriende in ’n hotel-konferensiekamer bymekaargekom om die Bybel te bespreek. Hy het met almal daar gepraat oor hoe Bybelbeginsels families kan sterker maak. Vir hierdie rede is hy aangekla as ’n misdadiger wat gevaarlik is vir die gemeenskap en as iemand wat “die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie reël”. Die hofsaak het op 21 Oktober 2019 begin.

Terwyl broer Aksenof se hofsaak tot ’n einde kom, bid ons dat hy en sy familie sal aanhou om op Jehovah te vertrou vir ondersteuning. Ons vertrou ook in Jehovah se geïnspireerde belofte dat sy lojales “niks kort [kom] nie”. – Psalm 34:9.