Spring na inhoud

18 FEBRUARIE 2020
RUSLAND

Broer Jefgeni Aksenof word skuldig bevind en kry ’n twee jaar opgeskorte vonnis in Rusland

Broer Jefgeni Aksenof word skuldig bevind en kry ’n twee jaar opgeskorte vonnis in Rusland

Op 18 Februarie 2020 het die Zjeleznodorozjni-streekhof in Chabarowsk, Rusland, broer Jefgeni Aksenof skuldig bevind en hom ’n twee jaar opgeskorte vonnis gegee. As broer Aksenof gedurende hierdie twee jaar na ’n ander plek trek of skuldig bevind word aan enige kriminele bedrywigheid, sal hy tronk toe gestuur word. Vir die eerste ses maande is hy op parool en moet hy elke maand na die polisiestasie toe gaan. Gedurende sy parool mag hy ook nie die stad waar hy woon, Chabarowsk, verlaat nie, en hy mag nie in die aande uit sy huis uit gaan nie. Broer Aksenof sal sy vonnis appelleer.