15 JULIE 2024
RUSLAND
Broer Jefgeni Sokolof in tweede kriminele saak skuldig bevind
Op 29 Mei 2024 het die Zeiski-distrikshof van die Amoer-streek broer Jefgeni Sokolof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Dit is die tweede kriminele saak wat teen Jefgeni gemaak is. Die eerste saak, waarby nege ander broers betrokke is, is op die oomblik aan die gang in die stad Woronezj, waar Jefgeni tans bly.
Jefgeni verduidelik wat hom help om te volhard: “Ek leer om meer op Jehovah te vertrou en staat te maak. Ons kan geen probleem beter as Jehovah oplos nie. Sy manier sal altyd die beste en wysste wees.”
Net soos Jefgeni, wil ons aanhou om vir Jehovah te sê: “U is my skuilplek”, vol vertroue dat hy altyd die hulp wat ons nodig het, sal voorsien. – Psalm 142:5.
Tydlyn
15 Desember 2022
’n Tweede kriminele saak word teen Jefgeni gemaak sonder dat hy daarvan weet
22 September 2023
Jefgeni vind uit van die tweede kriminele saak wat teen hom gemaak is. Word ondervra en aangekla van “die voorbereiding en hou van godsdiensvergaderinge”
22 April 2024
Kriminele verhoor begin
29 Mei 2024
Word skuldig bevind en ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gegee