Spring na inhoud

Broer Jefgeni Spirin agter tralies in die hof

9 JULIE 2020
RUSLAND

Broer Jefgeni Spirin kan dalk tot sewe jaar tronkstraf gevonnis word in Rusland

Broer Jefgeni Spirin kan dalk tot sewe jaar tronkstraf gevonnis word in Rusland

Die Foermanofski-stadshof in die Iwanowo-streek kan sy uitspraak so vroeg as 14 Julie 2020 lewer in die hofsaak teen broer Jefgeni Spirin. Die aanklaer het gevra dat broer Spirin tot sewe jaar tronkstraf gevonnis moet word.

Broer Spirin is 34 jaar oud en word daarvan aangekla dat hy die bedrywighede van ’n “ekstremistiese” organisasie reël. Die saak teen hom is op 21 Januarie 2019 begin deur ’n speurder van die Federale Veiligheidsdiens (FSB). Ses dae later het FSB-agente broer Spirin en sy vrou, Natalja, se huis deursoek. Die Oktjabrski-distrikshof in die Iwanowo-streek het beveel dat broer Spirin vir ten minste twee maande in aanhouding voor sy verhoor gehou moet word net omdat hy een van Jehovah se Getuies is. Sy aanhouding is later verleng.

Hy is op 5 Julie 2019 uit die detensie-fasiliteit vrygelaat en onder huisarres geplaas nadat hy 160 dae in die tronk was. Op 18 Desember 2019 het die Oktjabrski-distrikshof in die Iwanowo-streek beveel dat broer Spirin van huisarres vrygelaat moet word al het die speurders dit teëgestaan. Hulle het geen ander beperkings op hom geplaas nie.

Ons bid en vertrou dat ons liefdevolle hemelse Vader, Jehovah, sal aanhou om met al ons broers in Rusland te wees wat vir hulle geloof vervolg word. – 1 Petrus 4:14.