Spring na inhoud

Broer Joeri Saweljef nadat hy vrygelaat is uit die tronk

20 JULIE 2023
RUSLAND

Broer Joeri Saweljef word uit die tronk vrygelaat

Broer Joeri Saweljef word uit die tronk vrygelaat

Op 19 Julie 2023 is broer Joeri Saweljef uit ’n Russiese strafkolonie in die stad Roebtsofsk vrygelaat. Hy is op 9 November 2018 vir die eerste keer aangehou en het meer as vier en ’n half jaar in die tronk spandeer.

Gedurende sy tyd in die tronk het Joeri gesondheidsprobleme ondervind as gevolg van die onhigiëniese toestande. En op verskeie geleenthede was hy in afsondering geplaas as gevolg van valse beskuldigings. Ten spyte van hierdie moeilike omstandighede het Joeri positief gebly omdat hy staatgemaak het op die krag wat hy deur middel van gebed ontvang het. Omdat Joeri vriendelik was en Christelike eienskappe betoon het, het baie van sy mede-gevangenes sowel as tronkbewaarders hom gerespekteer.

’n Groep broers en susters verwelkom Joeri buite die tronk

Voordat Joeri sy tronkstraf ontvang het, het hy Matteus 22:37 in die hof aangehaal, waar Jesus gesê het: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” Joeri het ’n baie goeie voorbeeld gestel om volgens hierdie woorde te lewe en getrou aan Jehovah te bly. Ons is seker dat Jehovah hom sal aanhou seën vir sy geloof, liefde en volharding.