Spring na inhoud

Links na regs: Broer Konstantin Bazjenof, sy vrou, Snezjana, en suster Vera Zolotowa

21 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Broer Konstantin Bazjenof, sy vrou en ’n 73-jarige suster kan moontlik skuldig bevind word in Rusland

Broer Konstantin Bazjenof, sy vrou en ’n 73-jarige suster kan moontlik skuldig bevind word in Rusland

Datum van uitspraak

Op 25 September 2020 a gaan die Jelizofski-distrikshof van die Kamtsjatka-gebied sy uitspraak lewer in die saak van broer Konstantin Bazjenof, sy vrou, Snezjana, en suster Vera Zolotowa. Die aanklaer het gevra dat broer en suster Bazjenof ’n boete van 600 000 roebels (omtrent R132 000) en suster Zolotowa ’n boete van 400 000 roebels (omtrent R88 000) moet betaal.

Profiel

Konstantin Bazjenof

  • Gebore: 1977 (Petropawlofsk-Kamtsjatski, Kamtsjatka-gebied)

  • Agtergrond: Die oudste van vier kinders. Het gewerk as ’n motorwerktuigkundige en het klas gegee by ’n tegniese skool. Hou van visvang

  • Het in 2001 met Snezjana, wat ook ’n onderwyser was, getrou. Hulle het ’n dogter, Elizabeth. Die gesin dien Jehovah

Snezjana Bazjenowa

  • Gebore: 1977 (Sjikotan-eiland, Sachalin-oblast)

  • Agtergrond: Het in ’n enkelouergesin grootgeword. Is lief vir kinders en het dit geniet om klas te gee vir laerskoolkinders. As gevolg van die kriminele aanklagte teen haar word sy op die oomblik nie toegelaat om met jongmense te werk nie

  • Haar ouma het haar van God geleer, en hoe om te bid. Dit het haar gehelp om lief te word vir God en die Bybel

Vera Zolotowa

  • Gebore: 1946 (Jelizowo, Kamtsjatka-gebied)

  • Agtergrond: Het in ’n groot gesin grootgeword. Het in 1966 met Joeri Zolotof getrou. Hulle het twee kinders. Sy is ’n afgetrede rekenmeester. Hou baie van stap, ski en ysskaats

  • Sy het jare lank probeer om God te leer ken en het baie verskillende gelowe ondersoek. Sy was dankbaar toe sy uiteindelik leer dat God regverdig is en lief is vir mense. Haar man was nooit een van Jehovah se Getuies nie. Maar hy was beïndruk met die positiewe invloed wat die Bybel op haar gehad het

Geskiedenis van saak

Op 19 Augustus 2018 het die polisie drie huise van Getuies in die dorp Jelizowo deursoek. Altesaam 11 broers en susters was gearresteer. Hulle was ure lank ondervra. Op die ou end was agt van die Getuies vrygelaat. Maar die owerheid het broer Bazjenof, sy vrou en suster Zolotowa krimineel aangekla. Hulle was tydelik aangehou. Twee dae later is die susters vrygelaat. ’n Regter het beveel dat broer Bazjenof in aanhouding moes bly. Hy is agt dae later vrygelaat.

Terwyl hulle wag vir die uitspraak, bid ons dat die Bazjenof-gesin en suster Zolotowa sal aanhou om heeltemal op Jehovah te vertrou. Die Bybel verseker ons dat Jehovah sy lojales met vreugde en vrede sal vul sodat hulle “hoop oorvloedig kan wees met die krag van die heilige gees”. – Romeine 15:13.

a Kan heel moontlik verander