9 APRIL 2020
RUSLAND
Broer Machalitsjef vrygelaat uit die tronk in Belarus, aanklaer weier om hom aan Rusland uit te lewer
Op 7 April 2020 het die Hoofaanklaer se Kantoor in Belarus geweier om broer Nikolai Machalitsjef uit te lewer aan Rusland en hom uit die tronk vrygelaat. Broer Machalitsjef was baie bly dat hy betyds vrygelaat is om die jaarlikse Herdenking van Christus se dood saam met sy vriende in Belarus by te woon.
Op 21 Februarie 2020 het die owerheid broer Machalitsjef gearresteer terwyl hy van Rusland na Belarus gereis het om vir vriende te gaan kuier. Nadat die polisie ons broer se paspoort gesien het, het hulle hom in Belarus in aanhouding gesit. Hulle het dit gedoen omdat hulle uitgevind het dat hy in Rusland daarvan beskuldig word dat hy die bedrywighede van ’n “ekstremistiese” organisasie gereël het.
Drie dae later het hulle broer Machalitsjef gearresteer terwyl hulle vasgestel het of hy na Rusland teruggestuur moet word om verhoor te word vir aanklagtes wat in Januarie 2019 teen hom gelê is. Dit is die eerste keer dat ’n Getuie van Jehovah in ’n ander land gearresteer is op grond van ’n lasbrief wat in Rusland uitgereik is.
Terwyl broer Machalitsjef in aanhouding was, het hy positief gebly omdat hy aangehou het met sy geestelike roetine. Hy kon vier Bybelstudies hou en 198 uur in Maart in die veldbediening rapporteer.
Ons weet dat ons Russiese broers en susters sal aanhou om op Jehovah te vertrou om hulle te ondersteun en te beskerm in hierdie moeilike tye. – Psalm 142:5.