Spring na inhoud

11 FEBRUARIE 2020
RUSLAND

Broer Michail Popof en vrou, Jelena, albei aangekla in Russiese hof – Uitspraak word op 13 Februarie 2020 verwag

Broer Michail Popof en vrou, Jelena, albei aangekla in Russiese hof – Uitspraak word op 13 Februarie 2020 verwag

Daar word verwag dat die Wiljoetsjinsk-stadshof op Donderdag 13 Februarie 2020 sy uitspraak sal gee in die saak waarby broer Michail Popof en sy vrou, suster Jelena Popowa, betrokke is. Die paartjie is op 30 Julie 2018 in Kamtsjatka gearresteer en is weer op 9 Augustus 2018 vrygelaat. Hulle is aangekla van “ekstremistiese bedrywigheid”.

Michail en Jelena vertrou op Jehovah terwyl hulle deur hierdie ontstellende situasie gaan. Ons weet dat hy sal aanhou om ’n “skuilplek en sterkte” vir hulle te wees. – Psalm 46:1.