Spring na inhoud

Broer Nikolai Woisjtsjef

27 SEPTEMBER 2023
RUSLAND

Broer Nikolai Woisjtsjef tot drie jaar tronkstraf gevonnis

Broer Nikolai Woisjtsjef tot drie jaar tronkstraf gevonnis

Op 14 September 2023 het die Maikop-stadshof van die Republiek van Adigeja broer Nikolai Woisjtsjef skuldig bevind en hom tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Hy is sedert 20 Oktober 2022 in aanhouding, en hy sal in die tronk moet bly.

Profiel

Dit maak ons hartseer om te hoor dat broer Nikolai in die tronk is. Maar ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om vir hom en al ons ander broers en susters wat deur moeilike tye gaan, te versterk en te vertroos. – Psalm 119:76.

Tydlyn

  1. 19 Oktober 2022

    Kriminele saak word gemaak

  2. 20 Oktober 2022

    Huis word deursoek. Word ondervra en in tydelike aanhouding geplaas

  3. 21 Oktober 2022

    Word oorgeplaas na ’n detensiesentrum voor sy verhoor

  4. 11 Januarie 2023

    Die regter was gevra om Nikolai onder huisarres te plaas as gevolg van sy swak gesondheid. Die versoek was verwerp, en die aanhouding voor sy verhoor was verleng

  5. 25 Januarie 2023

    Kriminele verhoor begin

  6. 14 September 2023

    Word skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis

a Omdat broer Woisjtsjef in aanhouding was voor sy verhoor, kon ons nie ’n onderhoud met hom voer nie.