Spring na inhoud

19 JANUARIE 2021
RUSLAND

Broer Sergei Britwin en broer Wadim Leftsjoek bly standvastig, al het hulle die appèlsaak verloor

Broer Sergei Britwin en broer Wadim Leftsjoek bly standvastig, al het hulle die appèlsaak verloor

Op 19 Januarie 2021 het die Kemerowo-distrikshof die appèl van broer Sergei Britwin en broer Wadim Leftsjoek geweier. Hulle oorspronklike vonnis van vier jaar sal nou van krag wees. Omdat hulle alreeds meer as drie jaar voor hulle verhoor in aanhouding en onder huisarres was, word hierdie tyd by hulle tronkstraf afgetrek. As gevolg daarvan kan hulle oor omtrent ’n jaar vrygelaat word. Hulle is albei vasbeslote om standvastig te bly en die beste van hulle omstandighede te maak.

Aan die einde van die oorspronklike verhoor het die broers moedig gepraat oor hulle geloof in Jehovah en oor hoe hulle diens aan hom hulle tot voordeel strek.

Sergei het vir die hof gesê: “Wat verwag die aanklaer van my? Dat ek my geloof moet verwerp? Dit is juis daardie geloof in Jehovah wat my gehelp het om ’n beter persoon en ’n goeie Russiese burger te word. Ek is dankbaar dat God my gehelp het om [my] huwelik te red en [my] lewe te verbeter. Danksy Jehovah het ek nou ’n ware doel in die lewe en sien ek uit na ’n wonderlike toekoms. Die kosbaarste besitting wat ek het, is my sterk verhouding met God, Jehovah. Ek waardeer my vriendskap met hom, maak nie saak watter valse beskuldigings hulle teen my maak nie.”

Wadim het gesê: “Vandat ek gearresteer is, voel ek ongelooflik kalm omdat Jehovah aan my kant is en ek aan Jehovah se kant! Wat die uitspraak ook al is, dis God se opinie wat vir my saak maak. Dit maak nie aan my ’n verskil waar ek aanhou om eienskappe te ontwikkel wat God bly maak nie, soos liefde, vreugde, vrede, goedhartigheid, geloof, sagmoedigheid en selfbeheersing.”