Spring na inhoud

Broer Sergei Klimof weer saam met sy vrou, Joelija, nadat hy uit die tronk vrygelaat is

27 JULIE 2023
RUSLAND

Broer Sergei Klimof vrygelaat uit Russiese tronk

Broer Sergei Klimof vrygelaat uit Russiese tronk

Op 26 Julie 2023 is broer Sergei Klimof uit ’n Russiese strafkolonie in die stad Astrakan vrygelaat nadat hy omtrent vyf jaar in die tronk spandeer het. Hy is vir die eerste keer op 3 Junie 2018 gearresteer en in aanhouding geplaas voor sy verhoor. Op 5 November 2019 is hy gevonnis, en kort daarna is hy na ’n strafkolonie oorgeplaas.

Terwyl Sergei in die tronk was, was hy omtrent nege maande lank nie toegelaat om sy vrou, Joelija, te sien nie. En hy het ook nie meeste van die briewe gekry wat vir hom gestuur was nie. As gevolg van die slegte toestande in Sergei se tronksel het hy baie siek geword. Maar ten spyte van hierdie moeilike situasie het Sergei sy vreugde behou deur te bid en die Bybel gereeld te lees.

Die owerhede het Sergei van ekstremisme as gevolg van sy geloof aangekla. Maar gedurende Sergei se kriminele verhoor het hy moedig bewys dat die aanklag van ekstremisme verkeerd was en het hy verduidelik hoekom hy die Bybel se boodskap met ander deel: “My God, Jehovah, is ’n liefdevolle en regverdige God.” Hy het verder gesê: “Liefde motiveer my om ander te help, nie haat of ekstremisme nie.”

Ons is saam met Sergei en Joelija bly wat weer bymekaar is. En ons is dankbaar om te sien dat Jehovah Sergei geseën het vir sy vasbeslotenheid om sy integriteit te behou. – Josua 24:14.