Spring na inhoud

Broer Sergei Poljakof en sy vrou, Anastasia

7 DESEMBER 2022
RUSLAND

Broer Sergei Poljakof uit Russiese tronk vrygelaat

Broer Sergei Poljakof uit Russiese tronk vrygelaat

Op 30 November 2022 is broer Sergei Poljakof uit die tronk vrygelaat nadat hy sy tronkstraf van drie jaar uitgedien het. Sedert hy op 4 Julie 2018 gearresteer is, het hy verskillende vorme van aanhouding verduur, wat vyf maande van alleenopsluiting insluit.

Sergei was die afgelope 16 maande van sy tronkstraf in ’n strafkolonie in die stad Waldai, sowat 3 000 kilometer van sy huis af. Hy was bekend as ’n gevangene met groot geloof en het die respek van die personeel en ander gevangenes gehad. Gedurende sy aanhouding was Sergei aangemoedig deur die baie briewe wat hy van familie en vriende gekry het. Hy het dikwels meer briewe op ’n dag gekry as die hele strafkolonie van omtrent 250 mense.

Ná sy vrylating is Sergei met sy vrou, Anastasia, verenig. Anastasia was ook vyf maande lank in alleenopsluiting. Sy is daarna skuldig bevind en ’n opgeskorte tronkvonnis gegee omdat sy haar geloof beoefen. Die Polyakof’s is die eerste getroude paartjie wat tronk toe gestuur is ná die Hooggeregshof se uitspraak in 2017 wat die bedrywigheid van Jehovah se Getuies onwettig verklaar het.

Meer as 100 broers en susters in Rusland en die Krim is nog in die tronk. Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om dié te ondersteun wat “weens [hulle] gewete voor God moeilike tye verduur en onregverdig ly”. – 1 Petrus 2:19.